Loading...
ใ€Œใƒ„ใƒผใƒซใ€ใฏๅณไธŠใซ็งปๅ‹•ใ—ใพใ—ใŸใ€‚
ๅˆฉ็”จใ—ใŸใ‚ตใƒผใƒใƒผ: wtserver1
1ใ„ใ„ใญ 20 viewsๅ›žๅ†็”Ÿ

๐‘ฐ๐’” ๐’‹๐’š ๐’†๐’“๐’๐’”๐’•๐’Š๐’ˆ ๐’๐’๐’“ ๐’‹๐’๐’– ๐‘พ๐’Š๐’”๐’Œ๐’–๐’๐’…๐’†? ๐‘ฐ๐’๐’…๐’Š๐’†๐’ ๐’˜๐’†๐’, ๐’๐’†๐’†๐’” ๐’ˆ๐’†๐’“๐’–๐’” ๐’—๐’†๐’“๐’…๐’†๐’“?

๐‘ฐ๐’” ๐’‹๐’š ๐’†๐’“๐’๐’”๐’•๐’Š๐’ˆ ๐’๐’๐’“ ๐’‹๐’๐’– ๐‘พ๐’Š๐’”๐’Œ๐’–๐’๐’…๐’†? ๐‘ฐ๐’๐’…๐’Š๐’†๐’ ๐’˜๐’†๐’, ๐’๐’†๐’†๐’” ๐’ˆ๐’†๐’“๐’–๐’” ๐’—๐’†๐’“๐’…๐’†๐’“?

#YouCanDoMaths is die perfekte keuse vir jou om 'n Wiskunde Winter- of Lenteskool in die gerief en veiligheid van jou eie huis te doen. Dit gaan nie net vir jou iets wat die moeite werd is gee om gedurende die vakansie te doen nie, maar dit sal ook vir jou help om agterstallige Wiskunde in te haal of om te hersien, teen jou eie spoed.

Begin deur vir jou 'n rooster op te stel. Ons stel voor dat jy ten minste twee tot drie uur per dag, en verkieslik in die oggend wanneer jy nog vars is, hieraan wy.

๐•๐จ๐ฅ๐  ๐๐š๐ง ๐ก๐ข๐ž๐ซ๐๐ข๐ž ๐’๐“๐€๐๐๐„:
1๏ธโƒฃ Identifiseer die Afdelings en Onderwerpe wat jy tot nou toe opskool gedoen het.
2๏ธโƒฃ Maak seker jy het 'n werkboek, pen en sakrekenaar.
3๏ธโƒฃ Werk deur elkeen van die HERSIENINGSLESSE in hierdie Afdelings en Onderwerpe, van bo na onder.

๐Ÿ“™ Speel die videoles. Stop en herhaal en maak notas soos jy aangaan.
๐Ÿ“˜ Werk deur die lesnotas en maak 'n opsomming hiervan in jou werkboek.
๐Ÿ“— Doen die toets. Moet nie die antwoorde raai nie: gebruik jou werkboek, pen en sakrekenaar. As jy klaar is,
โ€œmerk die toetsโ€.
๐Ÿ“• Gaan versigtig deur die uitgewerkte antwoorde.
๐Ÿ“’ Indien nodig, doen die les en toets oor . . . of doen net die toets SONDER om na die antwoorde te kyk, oor.

Let wel: Jy mag dalk net 'n deel van 'n Afdeling by die skool gedoen het. Doen slegs die lesse wat die werk wat jy reeds gedoen het, dek.

4๏ธโƒฃ As jy al die HERSIENINGSLESSE in 'n Onderwerp gedoen het en jy wil graag meer oefen, doen die HERSIENNINGSTOETSE. Begin met MAKLIK, dan MEDIUM en as jy braaf voel, MOEILIK.

Nadat jy al die nodige lesse gedoen het, sal jy heeltemal opdatum met jou Wiskunde wees, reg vir die nuwe kwartaal!

Jy kan selfs 'n paar eendersdenkende vriende oornooi om saam met jou Wiskunde te doen. Julle kan saam na die les luister en dan kyk wie die beste in die toets vaar. Na die tyd kan julle die uitgewerkte antwoorde bespreek.

As jy nie reeds 'n kliรซnt is nie, maak seker jy registreer nog vandag! https://youcandomaths.co.za/

๐Ÿคž๐ŸคžSterkte en onthou jy KAN wiskunde doen!! ๐Ÿคž๐Ÿคž

#wikundelesse #aanlynwiskundelesse #wiskunde #mathslessons

ใ‚ณใƒกใƒณใƒˆ